E-Mail

Goedkoop Pype Ordentlike Pype Reguitsteel Pype Unieke Pype Agtergrond Restaurant                                                                                                                              

Cheap Pipes Decent PipesStraight PipesUnique Pipes

Background Restaurant                   

                      10 Minute Pype

Depressie pype, 10 minute rook pype, dames pype...  Noem hulle wat jy wil, oulik is hulle voorwaar.  Ek het self die versoeking nie weerstaan en vinnig een gegryp net nadat hulle gemaak is.  Ek moet sê dat hulle nou nie heeltemal my rooklus têm nie, maar dan moet ek darem by sê dat ek gewoond is aan so `n halfuur op `n keer se rook!  Ek was verbaas oor hoe warm my pypie toe rook, en doen toe die toets om dit met sand te blaas.  Magtig maar toe rook hy lekker!  Daarom is my voorstel om maar eerder vir die sandblaas opsies te gaan, of die wat se kop effens dikker is.  Gebruik sommer die kopkant van `n spyker om mee te stop, die vinger werk nie so lekker nie.  Wat ek wel nog kan sê is dat die pyp ongelooflik min tabak oorlos wat nie gerook kan word nie, en dat ek maklik die 10 minute mylpaal kon haal.

Die filterstelsel is so `n baster Keyser spoegbakkie wat kan verwyder soos by die Universele stelsel pype, en in die steel kan dit maklik `n 6mm filter vat.(haal net eers die insert uit.)  Ek het ook gevind dat mens die filter in die helfte kan sny en saam met die spoegbakkie/insert gebruik kan word.  So spaar mens nog op die filters ook!  Wragtig waar depressie pype...  Ek het almal sommer op een blad gegooi, klik die detail knoppie en geniet...,

 
 

uitverkoop

  E-Mail

Goedkoop Pype Ordentlike Pype Reguitsteel Pype Unieke Pype Agtergrond Restaurant                                                                                                                              

Cheap Pipes Decent PipesStraight PipesUnique Pipes

Background Restaurant