Afrika Hout

  E-Mail

Goedkoop Pype Ordentlike Pype Reguitsteel Pype Unieke Pype Agtergrond Restaurant                                                                                                                              

Cheap Pipes Decent PipesStraight PipesUnique Pipes

Background Restaurant                   

 

 
  Ek het oorspronklik die blad goedkoop pype genoem...  Ek besef toe dat dit `n relatiewe begrip is, en om eerlik te wees, wat is nog goedkoop vandag?  Die houte wat ek gebruik is getoets vir chemiese eienskappe, en ek het hulle geskik gevind, hoewel byna niks naby Bruyére kom nie.  Daar is een hout wat ek sal uitsonder, en dit is swart ivoor (dalbergia menoloxolyn) Ongelukkig is dit verskriklik duur, en swaar, maar dit rook ongelooflik lekker.  Ek beskou hulle as uitsonderlike pype, en daarom sal u hulle onder versamel of unieke pype kategorie sien.  Olienhout aan die ander kant weer is een van die houte wat die beste smaak gee aan tabak.  Eintlik stel ek dit verkeerd want dit bring eerder die smaak van jou tabak beter na vore as enige ander hout.

Op hierdie blad is daar pype gemaak van `n paar van ons inheemse houte.     

                                                              E-Mail

Rhodesier

Gemaak van olienhout, pragtig, maar onvoorspelbaar...  Drie sal hou vir ewig, en die ander drie sal bars.  Moenie komkommer nie, want ek gee steeds `n waarborg op my pype.  Al wat ek gaan doen is indien daar probleme kom, vervang ons dit met Bruyére.  Die tweede foto hier is drie dot gradering, fantasties mooi.  U sal oplet dat my olienhout pype duurder as die meeste van die kompetisie s`n is, doodeenvoudig omdat ek amper 100% seker is dat dit sal hou.  ook het almal my bekende Universal System in.

R850-00

Sold

 

 

Ringkop

`n Baie lekker klasieke form.  dit is prakties omdat dit kan staan, en het mooi stewige kop om koel rook te verseker.

R850-00

R900-00

  E-Mail

Goedkoop Pype Ordentlike Pype Reguitsteel Pype Unieke Pype Agtergrond Restaurant                                                                                                                              

Cheap Pipes Decent PipesStraight PipesUnique Pipes

Background Restaurant                   

 

                                                                                          E-Mail

  Universele Stelsel   Unieke Pype   Voorblad   Agtergrond