Unieke pype                                                                                                  

 

                                                                             

                                         E-Mail

Goedkoop Pype Ordentlike Pype Reguitsteel Pype Unieke Pype Agtergrond Restaurant                                                                                                                              

Cheap Pipes Decent PipesStraight PipesUnique Pipes

Background Restaurant                                          

 

 

 

Klik op die detail knoppie, en sien alles van die pyp.  Sien die blad Agtergrond om meer te leer oor my pype.  Wanneer detail gedruk word, kan sommige fotos stadig laai, afhangende van u internet konneksie.  Wees geduldig, en verstaan dat dit nodig is om hoër resolusie fotos te gebruik.

 

 

   Detail

Klou  Vreeslik baie kerfwerk is in hierdie pyp in, en dit was `n absolute fees.  Ek nie anders as om al die fyn detail in te sit nie, want ek wou dit so natuurlik as moontlik laat lyk.  Die kop van die pyp kon ek seker glad maak en my nog `n hengse klomp werk spaar, maar dit het net gevoel dat ek nog moes bysit.  Die pyp is nogal baie lig, en hang maklik.

 

  Detail

Fokker `n Pyp wat alle logika verdryf was die tema.  lekker om te maak, en die tweede in die reeks.  Ten spyte van sy grootte is die pyp ongelooflik lig, en behoort fantasties te rook. Die buitewand van die pyp behoort glad nie warm te raak nie, en die rook sal fantasties koel wees.

  Detail

Leeu

Daar in die noorde van ons land, woon daar `n boer wat vreeslik gedrink het.  In sy dronkenskap steel hy een aand `n leeu welpie van sy ma, en maak hom hans groot.  (kyk die mense is mos nader aan die natuur daar!)  Elke aand as hy kroeg toe gaan, is leeutjie by tot groot vermaak van die dorpsmense.  Soos leeutjie toe groot raak, veroorsaak dit nogal groot oë in die kroeg, veral as daar inkommers is die aand...

Een aand ry die baas toe dorptoe sonner leeu, hy het hom met die rugby al misgedrink, en kuier tot laatnag.  Daardie aand laat toe hy by sy stoetbul se kraal verbyry, sien hy hoe leeu die laaste asem uit dié se lyf wurg.  Hy besluit daar en dan maar hy gaan die mannetjie `n helse pak slae gee, en vlie daar uit met die sambok.  As hy te hard slaan dan los die leeu die bul en bevlieë hom met `n helse gegrom, maar elke keer slaan hy net harder.  Die boer besluit maar as die leeu vir hom kans sien en nog boonop sy boerdery skade aandoen, is dit maar beter as hy hom skiet.  Net daar gaan hy na sy kamer toe om die geweer te loop haal, met leeu wat hom sommer aanjaag tot by die bakkie.

Toe hy in die slaapkamer instap waar sy geweer langs die bed staan, sien hy sy leeutjie lê mooi rustig langs sy vrou en slaap, dit was `n wilde een wat hy te lyf gegaan het...

Nodeloos om te sê dat die boer dadelik ophou drink het!

Nou mense, hierdie is daai mak leeu...

 

 

  Detail

Boerboom

Hierdie was een van die oorspronklike vorms geskilder deur van Gogh, hy het ongeveer 19 verskillende vorms geskilder maar ek het die verander deur die blare by te kerf.  `n Pragtige rook pyp, asook besonders vir die versameling.

 

 

 

  Detail

Swart Ivoor(dalbergia menoloxolyn)

`n Pragtige hout, ongelooflik soet in reuk, en dit is nie nodig om hierdie hout in te rook nie.  Sterk genoeg dat dit jare sal hou.  Die werklike kleur van die hout kan net in direkte sonlig gesien word.  Dit het die selfde effek as tieroog in die sonlig, en dit is eers wanneer mens dit opreg kan waardeer. Ek het sommer almal wat ek gemaak het saamgegooi.

 

 

 

 

Detail

Deen

Hierdie pyp is gemaak na die gewilde Deense form.  Dit is ovaalvormig om die kop, en is veral prakties vir in die sak dra. Die lang steel sal nie in die sak pas nie, maar vra dan sit ek `n ekstra steel by vir rondloop...  Ek het self een van hulle, en geniet hom vreeslik.

 

Detail

Madame Butterfly

Dit herrinner mens nogal aan die boegbeelde van `n skip nê?  Party sê dit is die duiwel in die kinnerbybel, en ander sê weer dit lyk soos tannie Koos...  Wel dit is nogals iets anders...  Hierdie pyp het nie die Universele Stelsel nie, maar sal `n 6mm filter kan neem.

 

Detail

Vetkop Langnek 

Hierdie is ongetwyfeld `n lekker rook pyp, en sal jare se rookgenot verseker.  Die steel en nek is van ons wêreld se olien, en pragtig.  Die Bruyere is nie gekleur, en sal self verdonker soos die pyp gerook word.  Met so `n lang steel van hout is daar nie `n enkele kans vir warm rook nie.

 

 

   Detail

 

Walvis     

Hierdie is ook `n pyp van die Deense vorm afgelei, en rook lekker koel met die dik wande en is gemaak om soos `n handskoen jou hand te pasDie steel is Pearlized ebonite met my eie manier van `n lip mondstuk, twee gaatjies in plaas van een, en ek noem dit die akkedis neusie.

 

 

 

     Detail                     

Ramshoring 

`n Pragtige pyp met groewe om die kop en nek om dit baie ligter te maak.  A.g.v. die vorm is dit baie ligter, en die oppervlak is vergroot met al die groewe, so die pyp rook ongelooflik koel.  Ook is daar gevorseerde ligvloei tussen jou hand en die hout, so selfs in die hand gaan dit koel wees.  Dit is egter baie moeilik om te maak, daarom duur.  Die naam is soos in die Bybel en is simbolies van die volk Israel...

 

 

Detail

 

Haakbliksem 

Nie almal hou van die vorm nie, die groewe is dalk te veel vir die meeste van hulle, maar dit dien `n baie praktiese doel. Dit vergroot die oppervlakte, en maak dat daar gevorseerde lugvloei tussen die hand en die hout is.  Die kerwery het ook van heelwat hout ontslae geraak, wat beteken dat die pyp baie lig is ook.

 

Detail

 

Pure Neef

Hierdie is `n pragtige stukkie hout met die mooiste grein.  Bo aan was daar "flower growth" en ek het besluit om dit so te los en dit die blare van die boom te laat vorm. Die pyp staan self en is verder op die Deense prinsiep gevorm en hou ongelooflik lekker vas.

 

 

   Detail

 

Kraai

Baie kerfwerk, sandgeblaas en pikswart soos `n teerpaal van Kenia...  Vandaar die naam.  Die wegkant wat mens nou nie kan sien op hierdie foto nie, is waar ek omtrent `n week lank gesukkel het om die detail in te kry.  Die res van die pyp is toe met sand geblaas.  Kyk bietjie sy oog...

 

  Detail

Malslak

Daar is reeds `n hele paar van hierdie gemaak.  Die bekendste persoon met een van hulle is Thabo Mbeki.    Die is `n goeie voorbeeld van hoe blom groeisel gebruik kan word om `n pyp karakter te gee deur dit aand die onderkant te gebruik, dis nou daai vratagtige groeisel.

 

  Detail

Klipmossel 

Al ooit op die rotse geloop en gekyk hoe lyk die gebreekte mosselskulpies? 

Die idee was om die pyp eenvoudig te hou, maar tog besonders te kerf.  Die resultaat is `n pyp wat ongelooflik vashou en dan boonop nog `n handgesnyde mondstuk het.

 

  Detail

Wawiel

Hierdie pyp is begin van onder af boontoe.  Dit het my toegelaat om die balans absoluut perfek reg te kry, en dit lyk ongelooflik met die Koedoe horing insetsel en die handgesnyde ebonite steel.  Die gryn is fantasties met baie ogies, die rusultaat van `n dwarsgrein.

 

 

Detail

 

Lekkerkry

Nou ja lekkerder om vas te hou is net die binneboud van `n mooi vrou...  Ongelooflik gemaklik en baie mooi grein.  Dit lyk of die pyp sy bors so uitstoot om dit te wys.  Die steel is van my nuwe tier bamboes stele, kyk bietjie in die detail foto.  Dit rook beter as enigiets anders.

 

 

Detail

 

Byl

Baie gemaklik om vas te hou, en neem minder tabak as wat dit voorkom.  Die hout se grein is pragtig, en dit het die finale form en afwerking vir my bepaal.  Die miniatuur bamboes het dit karakter gegee, en gaan beslis dit laat koeler en droër rook.

 

 

Kom loer gerus weer hier, of e-pos my om te sien wat nuut is. 

                                      E-Mail 

Goedkoop Pype Ordentlike Pype Reguitsteel Pype Unieke Pype

Agtergrond Restaurant                                                                                                                              

Cheap Pipes Decent PipesStraight PipesUnique Pipes

Background Restaurant

 

    Universele stelsel        Goedkoop pype      Agtergrond          Voorblad     Agtergrond