|
Ebenharts Universele Stelsel Hierdie pype is gemaak om in die kraal te pas van enige ander bekende pyp se stelsels op die mark. Vir die manne wat Keyser so verafgod, hierdie skop daai stelsel se gat met mening... en so ook enigiets anders! Dit kan nie net die ses milimeter filter neem soos in Savinelli nie, maar ook die nege millimeter filters soos by Big Ben en Stanwell. Verder is die spoegbakkie soos by Keyser ook ingesluit, so weereens, enige tipe pyp word ingesluit hier. Die groot verskil is dat alles in een is, so dit moet beter wees as enigiets vantevore op die mark. Die pype en pryse hieronder verwys na die gemiddelde pyp, en mag duurder of goedkoper wees afhangende van die hout se kwaliteit wat gebruik word, hoewel ek my beste sal doen om binne die bespreke raamwerke te bly. Die pryse werk as volg. Hierdie stelsel moet verkoop vir `n minimum van R950-00, so laat dit die gidsprys wees, maar kan selfs so goedkoop as R800-00 wees. Dit sal egter beteken dat die grein `n paar merkies in het, gewoonlik sandkorrels, so hou dit in gedagte. Hierdie prys is ten opsigte van twee dot pype. Drie dots in dieselfde vorm sal vanaf R1200-00 wees, so laat weet maar in watter prysklas u belangstel. Ek weet dis duurder as ander pype, maar jy betaal vir wat jy kry... Die dots is my gradering van die pype, en is ook my handelsmerk. Twee dots is standaard, drie dots topgrein, en vier uitsonderlik, en dêm duur... Vir die hele agtergrond storie sien die blad gemerk Agtergrond. Klik op enige detail knoppie langs die foto en dit sal al die kante van die pyp wys asook al die pype beskikbaar in daardie groep.
|
||
|
Calitzdorp Hierdie was my eerste ontwerp. Ek het in Pretoria gebly en huis toe verlang. Ek woon nou weer in Calitzdorp, en lei tipies aan klein dorpie sindroom. As ek wil weet hoe dit met my gaan vra ek net iemand in die dorp, en hulle sal weet... Die pyp is egter een van die mees praktiese pype wat ek ooit ontwerp het, en sal stewig staan, het dik wande en die gevormde bokant van die kop gee dit `n karakter uniek en enig in sy soort. Sy vors houding gee hom `n karakter en houding van sy eie.
Bakgat/Platgat Die praktiese Bakkie pyp, omdat hy kan staan. Verder in elke opsig is dit `n bakkie.
Kommando
Korrelkop Hierdie pyp is een van die ouer forms wat die Dene maak, en wys pragtig die blomgroeisel wat in hierde geval bo op die kop van die pyp is. Die grein is ook nie sleg nie, en die bamboes sal verseker een van die lekkerste rooksessies gee.
Plaasbrak
Ringkop
Rhodesier is `n baie gewilde ou vorm. Dit is een van die klassieke vorms in die pypbedryf, en sy vorm en grootte leen hom toe aan gemak en lekker vashou. Hy het dik wande, maar is nie swaar nie.
Uitspan
Vetkop Hierdie is die groter appel, en kan effens kleiner na onder loop, of `n groot balvormige pyp wees. Dit is defnitief die pyp met die grootste oppervlak wat ek maak sonder fiterjasies, en ongetwyfeld `n lekker rookpyp.
Bakkie Hierdie pyp het my onmiddellik aan `n boer laat dink. Dit is ook die pyp wat ek die meeste bakkie asbak krapmerke op gekry het. Gemaklik en een van die klassieke vorms in die pypwêreld. Baie gewild.
Kalbaspyp Snaaks hoe die mense se reaksie op hierdie pyp kan verskil. Die meeste glo dat dit `n dagga pyp is onder die jongmense. Dit is ongetwyfeld die Rolls Royce van die pype. Dit raak nooit warm nie, wat die houttol bo aan versprei nie hitte na die hand nie. Die rook gaatjie is ook in die middel van die tabakkamer, so jy kan letterlik rook totdat daar net `n blaartjie oor is. Die natuurlike vesel in die kalbas absorbeer al die olie en vog, en stelselmatig verkleur dit. Die voortrekkers het dit die eerste gemaak, maar Sherlock Holmes het dit laat bekendheid verwerf. Laat my dink die jongmense het `n punt beet, hoe anders kan mens oor berge trek met ossewaens sonder `n ou groen twakkie?
|
||
|
|